Nedbank skryf R14 miljoen af

Nedbank het skuld van pensionarisse, gestremde persone en huise wat deur kinders bestuur is,  afgeskryf.

Mense wat minder as R150,000 aan die bank skuld en wie se munisipale skuld minder as R10,000 beloop, word geraak deur die afskrywing.  Nedbank kon nie bevestig of blanke pensioenarisse ook tegemoet gekom sal word nie.  Drie-en-dertig titelaktes is deur die Gauteng LUK oorhandig aan sogenaamde agtergeblewe pensioenarisse wat die bedrag op R5,28 miljoen te staan bring.  

Waarnemers het glo navraag probeer doen oor wat van die ander R1,7 miljoen geword het.