Navo versterk sy mag in Swart See

Die Navo-lande gaan hulle aanwesigheid in die Swart See gebied aansienlik versterk om die Russiese invloed in die gebied te bekamp.

Die aankondiging is deur die Minister van Buitelandse Sake van Navo gedoen in Washington tydens die 70-jarige herdenkings geleentheid van Navo se bestaan.

Die bedoeling met die versterkte mag in die Swart See is om beskerming te gee aan Georgië en die Oekraïne wat deurlopend deur Rusland beïnvloed en bedreig word.

Beide lande het ’n sterk pro-Russiese deel van die bevolking wat voortdurend poog om die Russiese weermag in te voer en onrus te wek soos etlike jare gelewe in die ooste van die Oekraïne gebeur het.

Beide lande ondervind ook moeite met Russiese inmenging in verkiesings, en huiwer nie om pro-Russiese kandidate te stel en fop-nuus te vesprei tydens verkiesings nie.