Nasionaliste uit talle lande span saam

Marine Le Pen

Marine Le Pen, nasionalistiese leier van Frankryk, het ook haar party agter die regse beweging ingegooi vir die Europese Parlement verkiesing.

Tot hede het nasionaliste uit Oostenryk, Duitsland, Denemarke, Estland en Finland reeds aangedui dat hulle saamspan in die komende verkiesing.

Met die sterk steun van Italië en Frankryk se nasionaliste, kan ’n verandering in die balans van die Europese Parlement verwag word.

Die koalisie van nasionalistiese partye onder leiding van Italië se Minister van Binnelandse Sake en die Italiaanse adjunk-premier, is besig om die toneel te oorheers vir Mei se verkiesing.

Marine Le Pen het vroeër verlede week aangedui dat haar party hulle ook beywer vir die onttrekking van Frankryk uit die Europese Unie (Frexit), maar sal wel deelneem aan die EU verkiesing.