Nasionalisering van Reserwebank sinneloos

Die voormalige ANC president, Thabo Mbeki, het ook toegetree tot die debat onder swartmense oor die moontlikheid van nasionalisering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Mbeki het gesê die stap is sinneloos, maar politieke ontleders sê sy standpunt is bloot ’n aanduiding dat hy steeds erg gekrenk voel oor hoe Zuma hom uit die kussings gelig het om self die pos as president te kry.

Mbeki se opmerkings is duidelik daarop gemik om Jacob Zuma terug te betaal, en reageer skerp en direk teen dit wat Zuma wou doen.

Thabo Mbeki het onlangs gesê hy kan nou weer die kiesers aanmoedig om vir die ANC te stem, wat nog ’n duidelike vingerwysing is na Zuma, toe hy nie die kiesers wou aanmoedig om vir di ANC te stem nie.

Ramaphosa het ook, nes Zuma, geluide gemaak oor moontlike nasionalisering, maar die vermoede bestaan dat dit ’n uitspraak was om stemme vir die ANC te behou.