Nasa toets wys afwykings by ruimtevaarder

Scott Kelly

Na ’n lang 340 dae in die ruimte, het ’n ruimtevaarder teruggekeer na die aarde en het hy griep gehad, sê Scott Kelly wat deel was van die toetse om moontlike afwykings te monitor.

Kelly en sy tweeling broer het aan die toetse deelgeneem, en hy moes ondervind dat dit maande lank geneem het om ontslae te raak van die  griep.

Die finale verslag word egter na deeglike ondersoeke, eers later vrygestel waarin die ruimtevaarder se toestand vergelyk sal word met sy identiese tweelingbroer, Mark Kelly, wat nie die ruimtevaart meegemaak het nie.

Scott sê die ruimtereis het wel ’n invloed op hom gehad, en alhoewel sy liggaam teruggekeer het na sy normale status toe hy op Moederaarde aankom, het dit sowat ses maande geneem voor hy weer homself was.

Hy sê die vertrek na die ruimte was nie so traumaties as die terugkeer nie, want sy liggaam was nie meer gewoond aan die aarde se atmosfeer nie.