Munisipaliteit skuld werkers R100 miljoen

Die Vrystaatse Kopanong munisipaliteit (omgewing van Edenburg en Trompsburg) skuld sy werknemers sowat R100 miljoen aan pensioen-, mediesefonds-, en versekerings polisse.

Te midde van klaarblyklike bewyse daarvoor, het die Valke Eenheid die ondersoek vir onbekende redes gestaak.

Die munisipaliteit staar nou vervolging in die gesig weens beweerde kullery met die werkers se voordele, wat waarskynlik in die Hooggeregshof gehou sal word.

Die SA Munisipale Werkers Unie wat die saak begin het, sê hulle glo die ondersoek is gestaak deur die Valke “om buite politieke invloede” op te tree.

’n Woordvoerder van die Valke het egter na vore gekom en ontken dat die ondersoek gestaak is, en sê die bedrogsaak word steeds ondersoek onder leiding van kaptein Makgetla.

Waarnemers vra egter waarom die saak so onnodig lank sloer terwyl al die nodige bewyse beskikbaar is in die munisipale kantore.