Multi Choice skrap “Die Land”

Die hoof borg van die Ghoema Musiek Toekennings,  MultiChoice het druk  op die Ghoema Trust gemaak om die lied “Die Land”,  gesing deur Hofmeyer, van Blerk, van Jaarsveld, Jay en Touch of Class te verwyder van die nominasie lys “Beste Musiek Video”. 

Verskeie kunstenaars het hul rug styf gemaak en sal nie die byeenkoms by Sun City bywoon nie waarvan Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk twee is.

Volgens MultiChoice is Steve Hofmeyer se sienings nie dieselfde as die waardes wat MultiChoice in glo nie. 

Wie betaal nog elke maand  R1000 om MultiChoice te befonds.?