Mueller-verslag lok maande se geredekawel

Robert Mueller

Die meer as 400 bladsy lange verslag van Robert Mueller oor Amerikaners se verbintenis met die Russe, het niks opgelewer wat president trump of sy span tydens die verkiesingsveldtog skuldig maak nie.

Die teleurstelling wat die Demokrate daarmee moes beleef, het hulle gedwing om die verleentheid te verberg deur vlieë af te vang oor elke opmerking wat in die verslag is.

Waarnemers en politieke ontleders wys daarop dat die verslag oor meer as voldoende onbenullighede ingeklee is om vir maande lank te gis oor die dit en dat daarvan, en dan weer poog om die verslag se bevindinge te bevraagteken asof daar onder die links-liberales meer kennis is wat in die verslag vervat is.

Ontleders van die verslag sê die vrae wat Mueller aan die president gevra het, was ’n subtiele poging om hom in ’n lokval te kry, maar die eerlike antwoorde het die lokval laat misluk.

Die Mueller-verslag het egter een saak duidelik uitgewys: Dit waarvoor President Donald Trump vir twee jaar lank deur CNN en die Demokrate beskuldig is, geheel en al verwerp word, en die president se onskuld is daarmee bevestig.