Mueller-verslag lewer niks op

Robert Mueller

Twee jaar van naarstigtelik soek na ’n greintjie bewyse dat President Donald Trump met die Russ geheul het, kon niks oplewer nie.

Robert Mueller, die voormalige FBI direkteur,  se aanteling as ondersoeker na enige moontlikheid dat die Republikeine en hulle presidentskandidaat, Donald Trump, met Rusland saamgewerk het, het groot verwagtinge by die Demokratiese Party gelaat.

Mueller het ook net ’n klomp Demokratiese Party ondersteuners aangestel in sy ondersoekspan wat met hom saamgewerk het, en dit het die Demokrate opgewonde in afwagting gelaat.

Maar helaas, twee jaar se vrugtelose soektog het kwalik ’n muis gebaar, en moes die eerste samevatting van die verslag afgemaak word as onvolledig.

Die Demokrate het geëis dat die volle verslag onverwyld vrygestel word, en politieke ontleders sê dit is lagwekkend hoe die linkses elke klein stukkie uit die verslag probeer verhef tot ’n onvergeeflike sonde.

Gedurende die twee jaar wat die ondersoek geduur het, het die vêr linkse CNN televisiekanaal al wat vuur kan aanblaas, op die skerm gekry met suggesties oor hoe skuldig die president is.

Nou is die CNN kanaal vir die soveelste keer verkeerd bewys. Voorheen het hulle Hillary Clinton blink gevryf asof sy klaar gewen het, en toe die uitslag hulle tref, is Clinton vir maande nie in die openbaar gesin nie, en het sy begin skryf oor hoe die Mueller-ondersoek sal toon dat Trump die skuldige is.

Ook dit het ’n muis gebaar.