Motor rubriek – Lexus RC350 F Sport

Die Lexus RC350 F Sport is eintlik ‘n hoogs gesofistikeerde motor met sport motor eienskappe.

Van die kant gesien met die uitgeboude wielboë wat die swart, 19 duim, allooi wielnawe wat die agter wiele akkommodeer en die sierlike lyne en die uitgeboude gedeelte onder die deure wat deel vorm van die bakwerk word ‘n mens se aandag dadelik getrek na die twee deur kopee, se bouvorm. Sykant spieëls met mat swart afwerking aan die bokant en die kleur van die voertuig aan die onderkant en met min wind weerstand is gepas en vorm deel van die buitelyne.

Die ingenieurs van Toyota se luukse motor afdeling het hulle huiswerk deeglik gedoen.

Aan die voorkant sorg die “L” embleem van die Lexus dat daar geen twyfel bestaan wat se voertuig hierdie is nie en die swart, geruite sierrooster tesame met LED hoofligte wat deel vorm van die voorste stamper, rond die voor aansig baie netjies af.

Wanneer daar in die voertuig ingeklim word, kom ‘n mens dadelik onder die indruk van die gerief en gemak van die leer bedekte sitplekke. Met die verskillende verstellings van die sitplekke kan ‘n mens “rusbank” gerief verwag.

Alhoewel hierdie eintlik ‘n motor vir die lang pad is, want daar is dit in sy element, kan dit ook met gemak in die dorpe en stede gebruik word. Op die lang pad is die padgedrag van hoogstaande gehalte en kan jy geruime tyd op die pad deurbring sonder om moeg te word. Alle nodige toerusting is gepas en die instrumente is reg voor die bestuurder gemonteer met al die skakelaars binne maklike bereikbare afstand van die bestuurder. Die aanraakskerm vorm deel van die instrumentpaneel en werk seepglad en gerieflik. Op die leer bedekte stuurwiel is skakelaars gemonteer wat gebruik kan word om die verskillende toerusting mee te beheer. Lugversorger, radio, nood flikkerligte beheerskakelaar en nog talle ander bruikbare toerusting soos die beheer skakelaars van die elektries beheerde vensters is beskikbaar.

Stap ‘n mens agter om die voertuig is die twee ovaal uitlaat pype opvallend en dit met die ingeboude drukvlerk, lug uitlate agter die wiele en die agter ligte wat om die hoeke gepas is, voltooi die prentjie in sy geheel. Daar moet opgelet word dat die ontwerp van die agter stamper van so ‘n aard is dat die voertuig nou korter is as die vorige model.

Wanneer die voertuig op die pad geneem word kan ‘n mens voel dat die 3,5 liter, 2 GR-FKS V6 kragbron wat ingespan word, sy werk deeglik doen om die voertuig met ‘n gewig van 2,1 ton met min moeite kan laat beweeg.. Daar is 232 kW krag beskikbaar en die wringkrag is ‘n handige 380 Nm. Volgens ingeligte bronne stel dit die RC350 instaat om van 0 tot 100 km/u te versnel in 6,3 sekondes en die topsnelheid is 230 km/u. Die agt spoed outomatiese ratkas skakel seepglad oor en wanneer die versneller pedaal plat getrap word en dit skakel terug na ‘n laer rat word die insittendes letterlik en figuurlik teen die sitplekke se rugleunings vasgedruk.

Al die nodige veiligheidstoerusting is geïnstalleer en ‘n ABS remstelsel met alle moontlike hulpmiddels maak deel uit daarvan en die voertuig kan met min moeite tot stilstand gebring word.

Die bou gehalte van hierdie motor is van hoogstaande gehalte en kan aanbeveel word vir aankoop. Dit is ‘n verbruikers vriendelike voertuig en sal sy eienaar vele ure van plesier op die pad verskaf.