Motor rubriek – Honda BR-V Elegance 1.5 CVT

In die hedendaagse motor wêreld is daar ‘n groot verskeidenheid van Sportnuts motors beskikbaar. Een van die redes daarvoor is dat dit ‘n baie gewilde vorm en grootte is en dit kan vir ‘n groot verskeidenheid van doeleindes aangewend word.

Dink maar net aan moeder wat die kinders daarmee skool toe en terug kan vervoer. Indien jy ‘n natuur liefhebber is kan jy van die talle wildtuine in die land besoek. Indien jy ‘n branderplank ryer is kan jy jou branderplank daarmee vervoer ensovoorts.

Die Honda BR-V kan aan al hierdie vereistes voldoen en nog meer. Die BR-V is ‘n ruim voertuig. Die tweede en derde ry sitplekke kan plat en weggevou word en dan is dit moontlik om bykans enige vorm van materiaal te kan vervoer. Die tweede ry sitplekke kan vorentoe en agtertoe geskuif word om meer beenspasie te verskaf en die kopstutte wat gepas is kan afsonderlik platgevou word ten einde meer plek te verskaf. Die bouvorm en verstelling moontlikhede van die sitplekke is van so ‘n aard dat ‘n baie gemaklike sitposisie ingeneem kan word. Die sitplekke van die Elegance is met leer bedek en is maklik om te onderhou.

Elegance is die luukse model en alle moontlike toerusting is gepas. Onder hierdie toerusting is die lugversorger met lug uitlate in die dak, radio met laserskyf speler, ensovoorts. Die maklik leesbare instrumente in die instrumentpaneel is reg oor die bestuurder gemonteer en alle ander toerusting is binne maklik bereikbare afstand. Op die stuurwiel is daar verskeie skakelaars gemonteer vir die beheer van hierdie toerusting en die rathefboom van die CVT ratkas pas gemaklik in die palm van die linkerhand. Die voertuig is ook beskikbaar met ‘n hand ratkas. Vir verdere gerief kan die voertuig binne gegaan word sonder ‘n sleutel en die vensters is elektries beheer vanaf die arm leuning by die bestuurder. Die buite spieëls kan wegvou en word elektries beheer.

Aan die buitekant van die voertuig is die allooi wielnawe dadelik opmerkbaar. Vir beskerming van die bakwerk is daar plastiek skerms in die wielboë aangebring met reëlings op die dak wat gebruik kan word om goedere aan vas te maak. Die sierrooster van die Honda is chroom bedek met die kolligte aan die onderkant gemonteer.

Die agterkant van die voertuig is gerond en dit help dat die vakuum probleem aan die agterkant van hierdie soort voertuig minder is en daar dus minder stof vergader. ‘n Ingeboude drukvlerk is ook behulpsaam om die stof te verminder. Die kattebak deksel maak hoog oop sodat die laai van bagasie met min moeite kan plaasvind. Afhangende van die posisie van die sitplekke, kan dit tussen 223 liter en 1164 liter bagasie neem. Die agterligte strek oor die hele breedte en gaan ook om die hoeke van die agterkant van die voertuig om te verseker dat die voertuig sigbaar is van die kant af.

Die 1497 kub. sentimeter, vier silinder, enkel oorhoofse nokas met vier kleppe per silinder kragbron sorg dat daar 145 Nm wringkrag beskikbaar is teen 4600 o.p.m. en die krag is 88 kW teen 6600 o.p.m. Volgens toetse wat uitgevoer is dit instaat om vanaf 0 tot 100 km/u te versnel in 10,9 sekondes en die topsnelheid is 140 km/u. Dit is dus nie renmotor formaat nie maar dit kan tog goed reageer wanneer die krag reg aangewend word.

Die remstelsel bestaan uit ABS remme met die nodige ondersteuning en vir verdere veiligheid is daar lugsakke gemonteer met die nodige veiligheidsgordels.

Die voertuig word in Indië gebou en dit verseker dat dit goed gebruik kan word op ons land se paaie wat nie altyd van beste is nie.

Honda is bekend vir hulle betroubaarheid en indien u dit dus te oorweeg om ‘n sportnuts voertuig aan te skaf, kan u die BR-V gerus op u aankope lys plaas en dit vir ‘n toetsrit gaan neem.