Minister gedagvaar vir R500,000

Lindiwe Sisulu

Lindiwe Sisulu is na bewering gedagvaar deur die Stadsraad van Johannesburg vir onbetaalde water en krag rekenings ter waarde van R500,000.

Die rekening is glo vir ‘n huis in Bellevue en die uitstaande rekening is in 2015 gekanselleer deur ‘n ANC beampte sodat Sisulu ‘n belastingklarings dokument kon verkry om die huis te verkoop. 

’n Woordvoerder van Sisulu ontken egter die skuld en sê dat dit goedkoop politiek is wat nou teen die minister gebruik word.