Miljoene onbeskerm teen masels

Sowat 170 miljoen kinders in die wêreld het die eerste doses entstof nie ontvang in die stryd teen masels nie.

Sedert 2010 tot 2017 is daar talle minderjariges wat nie die eerste dosis ontvang het nie, en die kinders wat die tweede dosis nie ontvang het nie, is selfs meer.

Na raming is meer as 21 miljoen kinders elke jaar nie met die relatief bekostigbare entstof ingespuit nie, wat ’n gevaarlike situasie kan veroorsaak en baie kinders se lewens word in gevaar gestel.

Volgens die Verenigde Nasies se Gesondheid afdeling se Kinderfonds behoort elke kind twee inspuitings te kry om van die gevaarlike siekte gevrywaar te word.

Die rede vir hierdie toestand word toegeskryf aan ouers wat oningelig is, swak toegang tot kinders in arm lande en streke, terwyl daar ook in Eerste Wêreld lande ’n onverskilligheid is en kinders nie beskerm word nie.

In 2017 het sowat 110,000 mense omgekom nadat hulle masels opgdoen het wat ’n baie aansteeklike siekte is.