Merkel dalk president van Europese Kommissie

Betroubare inligting wat die afgelope naweek bekom is, dui daarop dat die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel,, haar oog gerig het op die presidentskap van die Europese Kommissie.

Alhoewel die huidige president eers in 2021 uittree, is dit ook die tyd dat Duitsland ’n nuwe kanselier kies in ’n federale verkiesing.

Verskeie vriende van kanselier Merkel is van mening dat sy die beste toegerus is om die senior amp te beklee, veral omdat sy teen daardie tyd nie meer vasgemaak is in die Duitse politiek nie.

Die huidige president, Jean-Claude Juncker, het gesê hy is daarvan oortuig dat Kanselier Merkel “hoogs gekwalifiseer” is om die senior amp in die Europese Unie te beklee.

Juncker het nie gehuiwer om Merkel te prys en te verhef as die aangewese persoon om die amp te beklee nie aangesien sy teen daardie tyd nie meer so betrokke is in die politiek van haar land nie.

Daar is egter die moontlikheid dat sy geopponeer kan word deur die kanselier van Oostenryk, die jong en dinamiese Sebastian Kurz, wat as die opkomende ster van Europa gesien word.