Mercedes open fabriek naby Moskou

Die Duitse Minister van Ekonomiese Sake, Peter Altmaier, en president Vladimir Poetin van Rusland het mekaar ontmoet tydens die opening van Mercedes-Benz se vervaardigingsaanleg naby Moskou.

Minister Peter Altmaier het tydens die openingsgeleentheid gesê hy sien groot moontlikhede vir die toekoms tussen die twee lande te midde van politieke verskille.

Hy sê die eerste Mercedes Benz aanleg in Rusland is ’n landmerk wat beloftes inhou vir verdere uitbreiding aangesien daar reeds ’n beduidende behoefte is vir Mercedes motors.

Die teenwoordigheid van President Poetin was opmerklik, en die aanleg in Esipovo industriële gebied sowat 40 kilometer buit Moskou, is vir hom ’n teken van vooruitgang. Hy sê Daimler Mercedes-Benz geniet ’n gunstige reputasie in Rusland, wat nou verder uitgebou word.