Meksiko polisie tree op teen immigrante

Die waarskuwende woord van President Donald Trump aan die regering van Meksiko het goeie resultaat gelewer noudat daar streng opgetree word teen immigrante wat na die VSA wil gaan.

Die Amerikaanse president het gewaarsku dat hy die grens tussen die twee lande sal sluit indien Meksiko nie optree teen onwettige immigrante wat na die VSA op onwettige wyse wil gaan.

Die afgelope week het die Meksikaanse polisie minstens 3,000 onwettige immigrante van Sentraal Amerikaanse state gearresteer wat onwettig oor die grens na die VSA wou gaan.

Duisende immigrante stap in die rigting van die grens in ’n poging om na die VSA te gaan waar hulle verwag om werk te kry.

Die opmars na die Amerikaanse grens is glo die grootste sedert hulle verlede jaar gepoog het om deur te breek na die VSA, maar die Meksiko owerheid is glo gereed om die massa ten te staan.