Meer sanksies laat Venezuela kreun

Die Amerikaanse regering van President Donald Trump het die druk op Venezuela se olie industrie verhoog met meer sanksies teen die olieryke land se skeepsmaatskappye.

Die Amerikaanse regering het die naweek aangekondig dat minstens vier verskepings maatskappye en nege skepe wat betrokke is by olie verskeping vir Venezuela, met sanksies gestraf word.

Die maatskappye is hoofsaaklik die eiendom van Liberiese maatskappye, en een is ’n Italiaanse maatskappy wat ses olie vragskepe besit.

Verlede week het die VSA ook sanksies ingestel teen 34 maatskappye in Venezuela wat met olie verskeping gemoeid is.

Die Amerikaanse regering sê die olie verkope van Venezuela maak dit moontlik vir die diktator Nicolas Maduro om die land te regeer, en wil met die sanksies daardie toestand probeer beëindig.