Meer provinsies moet vroue premiers kry

Bathabile Dlamini

Die ANC se Vroueliga, onder leiding van Bathabile Dlamini, reken meer vroue moet as premiers gekies word in die provinsies waar daar tans net mans is.

Bathabile Dlamini is glo germineer om meer provinsies te sien waar vroue die septer swaai, en is bereid om die stryd aan te knoop teen die huidige situasie.

Sy sê dit is kommerwekkend dat die mans In Gauteng, die Oos-Kaap, Noord-Kaap, Limpopo, Vrystaat en Natal gaan regeer omdat daar nie vroue kandidate gestel is deur die ANC nie.

 Die naamlys van kandidate wat deur die ANC opgestel is, het reeds sy pad na die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika gekry, en word dit betwyfel of dit nou gewysig kan word om vroue as kandidate vir die premierskap van provinsies t stel.