Mbeki kritiseer ANC kandidatelys

Thabo Mbeki

Die voormalige ANC president, Thabo Mbeki, het sy politieke party skerp gekritiseer oor die kandidatelys vir die verkiesing van 8 Mei vanjaar.

Hy heet in ’n onderhoud met die :”Sunday Times” gesê die ANC het nodig om ernstig te wees met uitskakeling van kriminele elemente wat op die lys van parlementêre kandidate is.

Hy sê as dit nie met erns bejeën word nie, sal dit die einde en dood van die ANC beteken.

Sedert die ANC steun aan Jacob Zuma gegee het as president, wat ’n vervroegde beeïndiging van Mbeki se bewind teweeggebring het, is hy nie huiwerig om die party en sy leiers te kritiseer nie.

Vir die eerste keer sedert hy as president uitgewerk is, het Mbeki weer die kiesers aangemoedig om vir die ANC te stem, iets wat nou reeds vir jare nie gebeur het nie.