Masels nou wêreldwyd

Dit is nie net dele van Vlaandere en dele van Amerika wat sukkel om mense te oorreed om voorsorg te tref teen masels nie.

Gedurende die afgelope vier maande het masels wêreldwyd toegeneem, en in vergelyking met verlede jaar die ooreenstemmende tyd, het masels met 320% toegeneem.

In talle lande het mense nie voorsiening gemaak vir die nodige behandeling ten einde voorkomend op te tree met immunisering nie, wat die toename soveel groter en gevaarliker maak.

Hoogs doeltreffende entstof verseker dat die huisgesin gevrywaar is van die aansteeklike siekte wat meestal deur aanraking of kieme in die lug, van een persoon na ’n ander oorgedra word.

Die virus, wat uiters aansteeklik is, vestig gewoonlik in die neus, keel en mond, en veroorsaak ’n erge uitslag op die liggaam.