Magashule “tart” Ramaphosa

Ace Magashule

‘n Direkte opdrag van Cyril Ramaphosa was dat Ace Magashule nie die ANC mag gebruik om homself te verdedig teen beweerde korrupsie nie.  Ten spyte daarvan het hy tydens ‘n “vryheidsdag” ANC verkiesings byeenkoms die geleentheid gebruik om bewerings in die boek “Gangster State” af te maak as rassisties en ‘n aanval op sy persoon. 

Die verloopte Carl Niehaus het die boek as “stupid” beskryf. Magashule het verder Malusi Gigaba, Gwede Mantashe, Nomvula Mokonyane en Batabile Dlamini verdedig en gesê hul staan saam in die stryd. 

Intussen het die ANC se Sekretaris-generaal Magashule die ANC president verder getart deur te sê die ANC gebruik Staatsdepartemente om teen hom te werk.