Maduro se Energie minister afgedank

Nicolas Maduro

Die sosialistiese president Nicolas Maduro van Venezuela het pas sy Minister van Energie afgedank na die fiasko van dae lange kragonderbrekings wat die land tot stilstand geruk het.

Maduro het glo ’n ander Energie minister aangestel, maar intussen het die inwoners in derduisende betoog in die groter stede van die land waar hulle ook in donker gehul was.

Intussen duur beurtkrag voort en kan sakeondernemings slegs tot die middag 2 uur hulle deure oophou.

Die groot ekonomiese krisis in die land word erg beïnvloed deur die beurtkrag en vergroot die enorme krisis verder met die ernstige tekort aan noodsaaklike lewensmiddele.

Intussen het die Internasionale Rooikruis aangekondig dat hy binne twee weke die land binnegaan met noodvoorraad om die dreigende gevaar van revolusie te voorkom.