Maduro ondermyn die demokrasie

Juan Guaido

Duitsland het president Nicolas Maduro van Venezuela skerp gekritiseer en beskuldig dat hy die land se demokratiese mag ondermyn.

Dit volg nadat Venezuela se self-verklaarde president, Juan Guaido, se parlementêre immuniteit hom ontneem is deur die regime.

Juan Guaido, die voorsitter van die parlement en leier van die opposisieparty wat ook ’n meerderheid het in die parlement, het vroeër gesê die regime van Maduro poog om hom te ontvoer.

Die Duitse regering het weer verwys na sy besluit van 2017 waarin hy die Grondwet Vergadering van Venezuela nie erken nie weens sy partydigheid en lojaliteit teenoor die president Maduro regime.

Fit is hierdie vergadering wat nou beslis het dat die leier van die opposisie se parlementêre immuniteit teruggetrek word omdat hy ’n vorige bevel verontagsaam het wat bepaal dat hy nie die land mag verlaat nie.

Juan Guaido het egter geen rede gesien waarom hy verbied word om die land te verlaat nie, en het kort daarna talle Suid-Amerikaanse lande besoek waar samesprekings met staatshoofde gevoer is.