Mabuza en Mantashe ‘n kopseer

Gwede Matashe

Die integriteit komitee van die ANC het adjunk-president David Mabuza en die Minister van Minerale Sake, Gwede Matashe en 22 ander kandidate  uitgewys  as problematies vir die komende verkiesing.  Indien die aanbevelings van die komitee deur die ANC aanvaar word, sal die kandidate “forseer” word om hul te onttrek aan die verkiesing.

Waarnemers het egter hulle twyfel uitgespreek of enige kandidaat gaan onttrek, en die moontlikheid dat die komitee dit sal vereis, word ook nie geglo nie.