Liefdesbriewe van Napoleon opgeveil

Napoleon

In die Franse hoofstad Parys het die regering die bankrot firma Aristophil se goeder op ’n openbare veiling verkoop, en onder al die items is drie briewe wat Napoleon aan sy vrou Josephine geskryf het.

In die Frans afslaers huis Drouot het groot opgewondenheid geheers toe die drie briewe van die Franse heerser, Napoleon Bonaparte, opgeveil is em vir ’n totaal van $575,000 verkoop is.

Die briewe is geskryf in die jare 1796 en 1894 en is aan sy vrou Josephine de Beauharnais gestuur vanaf verskillende plekke.

In die een brief wat hy in 1796 geskryf het tydens sy veldtog in Italië, het hy gekla oor sy nie vir hom geskryf het nie.

“Geen brief van jou, my gewaardeerde vriend, jy moes ’n baie aangename tyd geniet het omdat jy jou eggenoot wat snags aan jou dink terwyl hy uitgeput en moeg is, net aan jou bly dink…..”

Gedurende dieselfde tyd was Josephine in ’n liefdesverhouding met Luitenant Hippolyte Charles gewikkel.

Napoleon was toe 26 jaar en sy vrou, wat ’n geskeide dame was met twee kinders, se ontrouheid het Napoleon se liefde vir haar nie geblus nie, en haar naam was die laaste woord wat hy gespreek het op sy sterfbed in 1821.