Libië: Oproep tot vrede misluk

Die gevegte ten suide van die Libiese hoofstad Tripoli duur voort te midde van wêreldleiers se oproep dat dialoog gevoer moet word tussen die strydendes magte.

Selfs die oproep van die verenigde Nasies dat ’n tydelike skietstaking in werking gestel word om gewondes en dooies te verwyder van die toneel, het op dowe ore geval.

Na verneem word het 21 mense gesneuwel in die gevegte, en tientalle gewondes het op die slagveld gewag op hulp terwyl die gevegte voortwoed.

Die hulpspan van die Verenigde Nasies Ondersteunings Missie in Libië se woordvoerder sê hulle kon tot hede nie daarin slaag om tussen beide te tree in ’n poging om die gevegte te stop nie.

Die hewige gevegte tussen regeringstroepe en troepe van Maarskalk Khalifa Haftar duur onverpoos voort. Die Maarskalk het sy oog op die oorname van Tripoli om daarmee die regering omvêr te werp maar tot dusvêr het die regeringsmagte sterk weerstand gebied.