Kunstenaar wen Oekraïne presidentsverkiesing

Volodymyr Zelenskiy

Volodymyr Zelenskiy, die veelsydige vermaaklikheidskunstenaar van die Oekraïne, het die naweek die presidentsverkiesing oortuigend gewen.

In een van sy TV programme het hy die rol van president vertolk en daardeur groot gewildheid verwerf by kykers, maar met sy toetrede tot die werklike politiek van die land, nog meer steun gekry.

Zelensky het sy opponente, president Petro Poroshenko, gemaklik gewen met 73% van die stemme ten gunste van hom.

Die president het kort nadat die uitslag bekendgemaak is, Zelensky se oorwinning erken, maar gesê hy sal nie die politieke arena verlaat nie.

Zelensky het aan duisend ondersteuners gesê hy het nie die oorwinning behaal nie, maar die kiesers van die land het ’n reuse oorwinning saam met hom behaal.