Kuber aanvalle vermeerder

Volgens die sekuriteitsmaatskappy Kaspersky Lab het kuberkrakers se aanvalle met 22% toegeneem in die eerste kwart van 2019. 

Dit beteken bykans 14,000 kuber aanvalle per dag.  Android fone is die teiken van die aanvallers en slegs Rusland se aanvalle is tans meer as in Suid-Afrika. 

Dit is nie net die publiek wat blootgestel word nie, maar infrastruktuur stelsels soos kernkrag fasiliteite, damme se beheerstelsels, elektrisiteits- en waterbehandelings fasiliteite loop ook deur.

Dit wil voorkom asof Suid-Afrika nie oor genoeg deskundiges beskik om stelsels te beveilig nie, en waarnemers sê ’n gebrek aan fondse is ’n ernstige tekortkoming om kuberkrakers te stuit.