Kommer oor woude in Duitsland

Kommer bestaan in Europa oor die geweldige invloed van droogtes en oorstromings wat in Duitsland verantwoordelik is vir die vernietiging van duisende bome in woude van die land.

Berekenings dui daarop dat skade aan woude reeds meer as €2.5 miljard beloop het wat gedurende 2018 vernietig is.

Nagenoeg 160,000 rugbyvelde se oppervlakte van bome is vernietig en moet weer aangeplant word in die komende weke.

Sedert Januarie 2018 tot Maart vanjaar is 114,000 hektaar woud, wat 1% is van Duitsland se totale woud oppervlakte, gedurende die droë weer vernietig.

Die droogtes het ook die moontlikheid van brande verhoog, en alhoewel daar nog geen skade dur vuur aangerig is nie, is die brandbestryders op deurlopende basis gereed op enige gebeurlikheid.

Sowat 30% van Duitsland se totale oppervlakte word deur woude beslaan, en lewer ’n enorme bydrae tot die ekosisteem.

Intussen is vasgestel dat die reënwoude in Brasilië nog groter skade opgedoen het die afgelope jaar met mense wat onwettig mynbou toepas in die woude, en daarmee duisende bome vernietig.