Kleurryke inhuldiging vir Ramaphosa beplan

Die inhuldiging van die ANC se president, Cyril Ramaphosa, is geskeduleer vir 25 Mei wat glo ’n duur en kleurryke geleentheid sal wees.

Na verwagting sal die geleentheid deur hooggeplaastes en staatshoofde vanuit talle lande teenwoordig wees benewens die plaaslike politici en aanhangers.

Die geleentheid word vanjaar swieriger as ooit aangebied, en daarom die Uniegebou te klein vir die geleentheid, en verskuif dit na Loftus Versveld Stadion in Pretoria.

Khusela Diko, die ANC se woordvoerder in die presidensie sê die tema van die geleentheid sal wees “die 25jaar herdenking van vryheid”.

Die ANC wil ook daarmee saam die geleentheid koppel aan groei vir SA in die toekoms.