Kim soek verligting met sanksies

Ingeligte bronne in Europa sê die besoek van Kim Jong-un van Noord-Korea aan President Vladimir Poetin, het hoofsaaklik gegaan oor sanksies wat Rusland moet probeer verlig.

Kim het kort voor sy vertrek uit Rusland, die president genooi om besok te bring aan Noord-Korea, en die vermoede bestaan dat dit ’n verdere bespreking sal wees van optrede wanneer Kim met President Trump moet onderhandel oor die beeïndiging van sy kernwapen program.

Die kommunistiese leier van Noord-Korea se onderhandelinge met President Poetin is egter dringend gewees om die moontlikhede te bespreek van hoe Rusland behulpsaam kan wees om die knellende sanksies teen sy land te omseil.

Of President Poetin geneë sal wees om die spel te speel, is onduidelik, want dit kan groter sanksies teen Rusland beteken.