Kim Jong-Un wil weer praat met Trump

Die onbetroubare kommunistiese leier van Noord-Korea, Kim Jong0Un, het glo verskeie kere geluide gemaak dat hy bereid is tot ’n derde geleentheid vir onderhandeling met die Amerikaanse president.

Hy sê dit is die VSA se beurt om met ’n verbeeldingryke voorstel te kom na die onderhandelingstafel, en die Amerikaners moet hulle gedagtes agtermekaar kry vir ’n ontmoeting aan die einde van hierdie jaar.

Kim Jong-un het die opmerkings gemaak tydens ’n onderhoud met die kommunistiese Korean Central News Agency (KCNA) wat onder staatsbeheer is.

Hy sê sy regering glo daaraan om probleme op te los deur middel van dialoog, maar kenners wys daarop dat die oneerlikheid waarmee Kim en sy afvaardiging was tydens die Vietnam ontmoeting met President Trump, nie bevorderlik is vir vertroue en voortgesette dialoog nie.

Die Vietnam onderhandelings het misluk na hy die VSA versoek het om alle sanksies teen sy land op te hef, waarna hy dan sal toelaat dat die kernwapen aanleg onder VSA toesig afgebreek sal word.

Hy het egter nie besef dat die VSA bewus is van ’n tweede aanleg waaroor die kommuniste nie ’n woord gerep het nie, en dit was die rde waarom president Trump die onderhandelings beëindig het.