Kim Jong-un arriveer in Rusland

Die kommunistiese diktator van Noord-Korea, Kim Jong-un het in Rusland aangekom op sy besoek van drie dae, wat ook ’n besoek aan President Vladimir Poetin insluit.

Kim en Poetin sal glo mekaar ontmoet in Vladivostok waar hulle na verwagting kernwapen ontwikkeling sal bespreek, en strategie sal uitruil vir sy gesprek met President Donald Trump later vanjaar.

Die Noord-Koreaanse leier het soos sy gebruik is, per trein na Rusland gereis, en ’n dag voor sy ontmoeting met die Russiese president.

Hy is hartlik verwelkom deur die Adjunkminister van Buitelandse Sake, Igor Morgulov, en Alexander Kozlov, die Minister vir Rusland se Verre Ooste.

Politieke ontleders sê die reëling is ’n teken dat President Poetin nie die besoeker hoog aanslaan nie, en derhalwe van die minder belangrike kabinetslede gestuur het vir die verwelkoming.

Donderdag het Kim met die Russiese president samesprekings gevoer, maar die media in Rusland het geen besonderhede daaroor vrygestel nie.