Katedraal: Franse miljardêr skenk miljoene

Die enorme ramp wat nie net Parys nie, maar die hele Franse volk getref het toe die Notre Dame Katedraal in ’n brand verwoes is, het die eerste groot skenker na vore laat kom.

Die Franse miljardêr, Salma Hayek, het aangekondig dat hy namens die familie $113 miljoen bydra vir die restourasie en herbou van die grootste landmerk in Parys.

Salma Heyek se 82-jarige vader is een van Frankryk se mees welgestelde miljardêrs met ’n beraamde bate van meer as $37 miljard en is deel van die familie wat die aansienlike bedrag beskikbaar stel.

Die verwagting is dat die Frans volk nog miljoene euro sal skenk om die geskiedkundige gebou na sy oorspronklike voorkoms terug te bring.