Katedraal binne vyf jaar herbou

Alhoewel deskundiges gereken het dat die heropbou van die franse Notre Dame Katedraal, het die land se president gesê die werk sal binne vyf jaar afgehandel wees.

President Emmanuel Macron sê die herstelwerk sal so gedoen word dat die Katedraal nog mooier sal wees as voorheen, want dit is die trots van die volk, ’n verdien net die beste herstelwerk.

Vroeër het restourasie deskundiges gereken die herstelwerk op die afgebrande katedraal kan soveel as 20 jaar duur, maar die president glo dit kan binne vyf jaar gedoen word.

Die brand se ontstaan in die Notre Dame Katedraal word nog ondersoek, maar geen gemene spel word vermoed nie.

Die 800 jaar oue gebou is een van Parys se mees bekend bakens, en is die trots van die ganse Franse volk.