“Julle president is gek”

“Julle president, Cyril Ramaphosa, is totaal en al gek as hy dink ons kinders moet hier bly om werkloos deur die lewe te gaan”, se ’n vriend van my wat tans in Australië woon en werk. Ek plaas sy skrywe woordeliks:

Kyk hoe lyk Suid-Afrika, die eens trotse voorbeeld van ’n modelstaat. Het binne 35 jaar van ANC bewind verander in ’n hool van moord, verkragting, korrupsie, roof, diefstal, kapings en nog elke ander denkbare misdaad vind jy in die verwoeste land.

Ek was na vyf jaar s afwesigheid, vir ’n week in die land, en moes met verbasing sien hoe alles agteruit gegaan het.

Paaie met slaggate, geboue wat vieslik verniel is, elektriese krag wat daagliks onderbreek word, die Afrikaanse taal is uit universiteite, die afgestudeerde blankes sit of werkloos, of gaan die land uit na die beskawing om te verdien.

En dan dink die man dat Blankes wat die duur gekoopte grond eerlik bekom en bewerk het, dat dit alles aan die “wil-net hê” mentaliteit se mense gegee moet word sonder betaling … dan sê ons, dankie tog ons het daardie vrot regering se magsug verlaat om weer in ’n beskawing te woon en te werk.

Hansie de Wet