Juan Guaidó se parlementêre regte opgehef

Juan Guaidó

Die Grondwetgewende Vergadering in Venezuela het Woensdag die parlementêre onskendbaarheid opgehef van die opposisieleier, Juan Guaidó.

Die optrede is bevestig deur die voorsitter van die Vergadering, Diosdado Cabello, tydens ’n media onderhoud in die hoofstad Caracas.

Die Grondwetgewende Vergadering is egter getrou aan die regering van president Nicolas Maduro, net soos wat die Hooggeregshof oom partydig is in sy uitsprake ten gunste van die rgering.

Die Hof voer aan dat Juan Guaidó die verbod om die land te verlaat, geïgnoreer het toe hy ’n aantal lande in Suid-Amerika asook die VSA besoek het.

Die diktator, president Maduro, doen alles moontlik om die werksaamhede van Juan Guaidó in te perk uit vrees dat hy en sy regering kan val.

Geweldige druk word nou op die opposisieleier geplaas nadat sy parlementêre immuniteit hom ontneem is , en sy beplande werksaamhede word ernstig ingeperk met die jongste beslissing.