Joe Biden se kandidatuur benadeel

Joe Biden

Die voormalige Amerikaanse visepresident, Joe Biden, se kandidatuur as die een Demokratiese Party ondersteuner wat mik na die presidentskap in die VSA, is dalk gekelder.

Hy het waarskynlik nou meer as een ernstige probleem met sy kandidaatstelling om p[resident te word met die 2020 verkiesing.

Twee vroue in die VSA het getuig oor die vreemde aanraking deur Biden, waarvan die 43-jarige Amy Lappos haar ondervinding van 2009 vertel het aan die media.

Lucy Flores was egter eerste om bekend te maak dat sy as voormalige parlementslid in die staat Nevada ook ’n ervaring gehad het wat minder aangenaam is.

Daar is egter ’n groter probleem. Die sosialiste, wat ’n sterk deel van die Demokratiese Party uitmaak, sê Biden is nie liberaal genoeg om as president verkies te word nie.

Twee dae later kom nog twee vroue na vore

Tans is vier Demokrate in die ry om as presidentskandidaat teen President Trump te staan, maar daarvoor moet hulle nog eers die saak teen mekaar uit veg om as amptelike kandidaat te staan vir die linkse party.

Biden was visepresident van Amerika onder die bevel van Barack Obama, en het ’n baie geringe rol vervul gedurende die tydperk.