Israel se konserwatiewes wen verkiesing

Benjamin Netanyahu

Benjamin Netanyahu se Likud Party en sy konserwatiewe alliansie partye het voldoende steun gekry om ’n nuwe regering saam te stel.

Die Israelse Eerste Minister het ’n naelskraap oorwinning behaal teen die linkse groep politieke vennote onder leiding van di voormalige militaris, Benny Gantz.

Die Eerste Minister en sy koalisie vennote sal 65 van die 120 setels in die parlement hê, terwyl die linkse opposisie groep 55 verteenwoordigers het.