Islamitiese Staat vermoor 35 soldate

Die Siriese Waarnemings agentskap van Menseregte het pas bekendgemaak dat ’n groep Islamitiese Staat terroriste ’n “terugkeer” gemaak het en minstens 35 mense gedood het.

Dit is volgens die Mansregte agentskap die dodelikste aanval wat nog deur die Islamitiese Staat uitgevoer is sedert die val van die Kalifaat.

Die Veiligheidsmag in Sirië sê die terroristegroep het daarmee bewys dat hulle mag nie finaal gebrek is nie, en steeds voortgaan om die soldate van die regeringsmagte om die lewe te bring.

Die terroriste het herhaaldelik teruggekeer in die gebied waar die eerste soldate gesneuwel het, en kon daarin slaag om uiteindelik 35 soldate dood te skiet in skermutselings.

Die aanvalle wat oor twee dae gedurende die afgelope naweek was, het skokgolwe dur die land gestuur nadat berig is dat die IS vegters se mag finaal gebreek is.