Islam in opmars na Europa

Die Belgiese Staatsveiligheid sê sowat 100 verskillende organisasies wat aan die Islam gekoppel is, word in die land gevind, waarvan sommige moskees is en ander as geloof-sentrums.

Die organisasies gaan dikwels onder die vaandel van sogenaamde onderwys instellings waarvan die radikale onderstrominge deel uitmaak.

Volgens berigte het die Staatsveiligheid al die organisasies ondersoek en by verskeie is verontrustende feite ontdek.

Dit blyk dus dat die radikale Moslems in Europa geleidelik ingesypel het, en waarskynlik ook verbind kan word met die terroriste wat in groot getall na Europa is om met ondergrawing voort te gaan.

In België word ’n toename gevind in Moslems wat ’n radikale neiging openbaar, en waarnemers beskou dit as die opmars van Islam om Europa te oorspoel en daarmee ook die Christendom verdring.