Industriële besoedelaars word belas

Die nuwe belasting stelsel wat die industriële nyweraars gaan slaan met belasting wat deur die SA Inkomstediens gevorder gaan word, sal hopelik bydrae tot die land se skoner lugruim.

Selfs Cosatu het die nuwe belasting verwelkom en gesê dit is een manier om die verbruikers en industriële wêreld s gedrag te verander.

Die eerste fase van die toepassing van koolstof-belasting word ingestel om die erge lugbesoedeling te bekamp.

Die wêreld se lug word ’n al groter gevaar deur lugbesoedeling wat veroorsaak word deur nywerhede en kragvoorsieners.

Wetenskaplikes beweer dit is een van die hoof oorsake vir klimaatsverandering en die voorkoms van ’n gat in die osoonlaag.

Die ANC se Minister van Finansies, Tito Mboweni, het die instelling van koolstof-belasting aangekondig tydens sy begrotingsrede.

Die instelling van die belasting is deel van Suid-Afrika se onderneming om lugbesoedeling te bestry wat tans op internasionale vlak voorrang geniet.