Indië hou grootste verkiesing ooit

Met die komende verkiesing in Indië, sal sowat 875 miljoen kiesers die geleentheid kry om ’n nuwe regering aan te wys.

Met ’n totale bevolking van net meer as 1,3 miljard, is dit geen maklike taak om ’n verkiesingsveldtog te bestuur in die land nie.

Kiesers, oor die ouderdom van 18 jaar, is gergtig om na die stembus te gaan, en vanjaar is die totale aantal kiesers sowat 45 miljoen meer as wat in die vorige verkiesing was, wat dan hierdie verkiesing die grootste is in die geskiedenis van die land.

Sowat een miljoen stemlokale is ingerig, en weens die groot getal kiesers, is die land ingedeel in sewe dae waartydens gestem kan word.

Vanweë die enorme getal kiesers, word die stemme elektronies hanteer om ’n finale uitslag te bepaal.

Spesiale voertuie is ingerig om die nodige toerusting by elke stemlokaal te besorg, en die 10 miljoen bemanning is reeds opgelei wat die stemlokale moet bestuur.

Die Indiese parlement word saamgestel uit 543 kiesafdelings se verkose lede, en die meerderheidsparty kies ’n premier wat aan die hoof van die regerings staan.