Hulp aan terrorisme nou ernstige misdryf

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het die naweek aangekondig dat ’n resolusie wat deur Frankryk ingedien is, aanvaar word wat hulp aan terroriste as ’n ernstige misdaad beskou.

Alhoewel enige hulp aan ’n terroriste organisasie nog altyd veroordeel is, word dit met die jongste resolusie as ’n internasionale misdaad behandel.

 Die Veiligheidsraad se resolusie wat eenparig aanvaar is, maak van finansiële steun aan enige terroriste beweging ’n ernstige misdryf.

Die resolusie wat aanvaar is, maak voorsiening dat land wat hulle skuldig maak daaraan om finansiële hulp aan terroriste te bied, met internasionale sanksies gestraf kan word.

Dit is die eerste keer dat die Veiligheidsraad so ’n sterk bewoorde resolusie aanvaar het wat spesifiek handel oor hulp wat lande mag bied aan terreurgroepe.