Hof verbied ou Duitse gebruik

Is die baie bekende geluid van koei klokke in die Duitse deelstaat Bavaria werklik so steurend dat ’n hof die eeu oue tradisie moet verbied?

Dit is egter wat in Duitsland gebeur het toe ’n hof die klaer gelyk gegee het dat die bure se koeie met hulle klokke, steurend is.

’n Egpaar wat woonagtig is in ’n plattelandse dorp, en gekla het oor die geluid van klokke aan die koeie se nekke, en die insekte wat gelok word, asook die geraas wat die trop koeie veroorsaak, het hulle saak in die hof gewen.

Die probleem het in 2014 begin toe die egpaar ’n huis gekoop het naby die melkery van ’n suiwel boer, en ht bly kla oor die diere so na aan die dorp en hulle woonhuis aangehou word.

Die egpaar het by die buurman gekla oor die reuk, die beesmis, die geraas van klokke ’n die gebulk van die beeste, maar geen ooreenkoms kon bereik word nie.

Die egpaar se regsverteenwoordiger het gesê die koeiklokke bereik soms 70 desibels, wat werklik steurend kan wees.

Die eienaar van die melkery se betoog dat die koeiklokke noodsaaklik is om die koeie op te spoor in die veld, en dat dit ’n eeu oue tradisie is wat niemand voorheen gepla het nie.