Haat vloei teen Julian Assange van Wikileaks

Julian Assange

Julian Assange en sy Wikileaks op die internet, is in omstredenheid gehul en eise vir uitlewering en arrestasie is nou aan die orde van die dag.

Die oprigter van Wikileaks word daarvan beskuldig dat hy sonder behoorlike bewyse, korrupsie plakkate om mense se nekke gehang het en ’n lang lys van sy opponente is besonder indrukwekkend.

In die VSA het ’n berig verskyn waarin iemand gesê het hy sal die “vuilgoed doodskiet” as hy hom in die hande kan kry.

Die konserwatiewe Amerikaanse Fox Nuus het reeds in 2016 gesê die man is met ongeoorloofde dinge besig deur mense te etiketteer sonder die nodige bewyse daarvoor.

Hy het daarin geslaag om binne enkele jare militêre, korrupsie, bankiers, diktators en nog talle ander, tot sy vyand gemaak.

Hy is die spieëlbeeld van ’n platform wat ontploffings veroorsaak met die vrystelling van geheime dokumente, en help selfs mense soos Snowden om die lang arm van die Amerikaanse gereg te ontsnap.

In sy aanslag op persone en instansies, huiwer hy nie om gebruik te maak van die media berigte soos die van “New York Times” nie.

Een van sy mees opspraakwekkende bekendstellings is die video wat hy geplaas het oor hoe die VSA se gewapende magte in 2010, onder Barack Obama se bewind, tien Irakese mans doodgeskiet is vanuit ’n helikopter.

Daar is ’n ou spreekwoord wat sê: As jy ’n ander jaag, staan jyself nie stil nie – en dit is nou ook die man se probleem nadat hy in Brittanje gearresteer is, want die VSA eis nou sy kop en vra dat Brittanje hom uitlewer om verhoor te word vir beweerde misdade gepleeg.