Gupta gee Ace maandeliks R1 m

Ace Magashula

Ace Magashula, die voormalige premier van die Vrystaat het maandeliks R1 miljoen ontvang in harde kontant van Tony Gupta.

Die openbaring is gemaak deur ’n getuie wat verlede week voor die Zondo kommissie vrskyn het, en het bygevoeg dat Duduzane Zuma, die seun van Jacob, ook maandeliks R1 miljoen gekry het.

Die bewerings is gemaak deur die voormalige lid van die Vrystaatse Ekonomiese Ontwikkeling agentskap, ene Mxolisi Dukwana wat Vrydag voor die kommissie verskyn het.

Dukwana sê die Gupta het aan hom meegedeel dat die twee persone maandeliks elkeen R1 miljoen ontvang in kontant, wat afkomstig is van die Gupta familie.

Hy het ook getuig dat die Gupta hom R2 miljoen aangebied het om ’n dokument te onderteken, maar het geweier, en kort daarna is hy afgedank.