Gordhan se Eskom belofte

Of minister Pravin Gordhan daartoe in staat is om sy belofte na te kom, en die ligte aan te hou, sal net die tyd Suid-Afrika leer.

Die ANC minister het in ’n media onderhoud gesê hy sal toesien dat Suid-Afrika deur die winter seisoen gaan sonder enige beurtkrag.

Hy het dadelik bygevoeg dat as daar onvoorsiene onderbrekings kom, sal dit hoogstens lei tot Fase 1 wat ingestel word.

Gordhan het daarop gewys dat strenger maatreëls ingestel word om gereelde en noodsaaklike instandhouding t doen by al die verskillende kragstasies, maar het nie verwys na die herstelwerk van die twee nuwe stasies wat byna in onbruik is nie.

Die lewering van steenkool het glo ’n hupstoot gekry en goeie gehalte steenkool word nou gereeld gelewer, wat die effektiwiteit van die kragsentrales verbeter.

Ingeligte waarnemers sê die toestand het aansienlik verbeter by Eskom nadat die span ingenieurs op die toneel verskyn het.