Gordhan: Eskom sal staande bly

Te midde van veelvuldige probleme by Eskom as kragvoorsiener, sal die entiteit staande by, het Minister Pravin Gordhan Suid-Afrika verseker.

Dit volg nadat ’n uitgesproke ekonoom gesê het die kragvoorsiener is op die rand van algehele ineenstorting weens sy finansiële toestand.

Kenners sê die minister se versekering is ’n logiese gevolg indien in aanmerking geneem word dat die regering miljard Rand van die belastingbetalers se geld bewillig het om die bankrot Eskom van ineenstorting te red.

Die regering het verlede week aangekondig dat R56 miljard in die volgende drie jaar aan Eskom beskikbaar gestel word, en het R17 miljard dadelik aan die kragvoorsiener betaal om sy dringendste verpligtinge na te kom.