Goeie Vrydag en Paas Sondag

Het die Paas gebeure nog enige plek in ons huise en lewens?  Dalk ‘n vraag wat ons wil vermy.  Paasnaweek word gesien as die ideale tyd om weg te kom van die werk en die sleur van die huis.

‘n Langnaweek om by die see of vakansieoord deur te bring of om net niks te doen nie.  Waar gaan u en ek wees eerskomende Vrydag? 

Gaan ons enigsins tyd maak om by ons kerk uit te kom en saam met mede-gelowiges die gebeure op Golgota te herdenk?  Gaan ons Paas Sondag opstaan met ‘n danklied vir die leë graf en ons redding van sonde?

Laat ons as Afrikaner Boerevolk hierdie naweek onsself gaan verootmoedig voor die Drie-Enige God van die Bybel.

Kom ons gaan sê dankie vir die ewige lewe wat verkry is met die sterwe van Jesus Christus ons Verlosser.  Kom ons gaan vra dat die Heilige Gees in ons gesinne, ons kerke en in ons volkslewe inkom en daar verandering te weeg bring.

Is dit te veel gevra?  Indien wel,  mag ons nie vra hoekom ons land in die toestand verkeer wat hy is nie want dan is ons deel van die sekulêre wereld met sy afgode en sy sonde.  Dan is ons deel van Sodom en Gomorra.

VDM